Welcome to vzs

WELKOM IN ONS WERELD…

In die bedryf sedert 1983, Van Zyl Staalwerke (VZS) het na ‘n onderneming gegroei wat bekend is as ‘n eenstopwinkel. VZS bestaan uit drie takke in die Oos-Vrystaat met reeks van meer as veertig items, en ons bied oplossings vir ‘n verskeidenheid produsente. Voorraad is beskikbaar en ons is gereed om nasionaal sowel as Afrika-lande te versprei – ons is slegs ‘n enkele oproep of e-pos weg !

Alles by VZS is VIR DIE BOER

Alles wat ons by VZS doen, is VIR DIE BOER en ons is trots daarop om kwaliteit produkte aan ons kliënte te lewer waar dit ook al mag wees. Die boer is verantwoordelik om die hele land gelukkig, gesond en florerend te hou, daarom is ons meer as bly om voorsiening te maak vir diegene wat vir almal anders voorsiening maak. Van ‘n Rolsif tot by ‘n 20t Kapkar, al hierdie is beskikbaar vir aankoop by VZS. Ons bied vir kliënte enigiets en alles wat hulle nodig het in die landbousektor.

Ons maatskappy is trots op die kwaliteit van diens wat ons lewer en het al klaar ‘n stewige naam in die mark op gebou – a naam wat bevestig dat ons 'n betroubare diensverskaffer is en wat verseker dat ons oorweeg word, wanneer die boer enigiets kort. Ons weet almal ‘n boer maak ‘n plan maar as dit by landbou staalwerke kom is VZS die beste plan, want ons bestaan VIR DIE BOER!

Bekyk sommige van ons gewildste produkte wat hieronder beskikbaar is:

Damskrop 3m
Side Tipper 20T
Soutbak
Op-Erter
Tafelkar
Rolsif
20T Tapkar
Valkant-Tipwa 3T/ 6T
Kontoer-Dis
Dubbel-as-graankante