Rolmoere

Wat Van Zyl Staalwerke (VZS) anders maak as ons kompetisie is ons veelsydigheid, ons vindingrykheid in ons ontwerp -en vervaardigingsprosesse en ons vermoë om boere se gespesialiseerde behoeftes te ondersteun. Met elke innoverende ontwerp wat ons lewer mik ons om die maatstaf hoog te stel wat funksionaliteit, duursaamheid en effektieweteit in die plaaslike mark betref.

Ons benadering tot ons rolmoere te koop, soos ons vee, graan, aartappel en ander plaastoerusting, lei ons verder in navorsing en “trial and error” prosesse, waarmee ons leer, groei en in ‘n beter begrip van watter ontwerpe in die plaaslike landbou klimaat werk. Die rolmoere wat ons tans beskikbaar stel aan die plaaslike mark verskaf ‘n groot seleksie waarvan elkeen ‘n bate tot elke landbou boerdery sal wees. Die 3-lit- rolmoer model met ‘n 6000mm lemspan word gedryf deur ‘n 90kW trekkerkapasiteit en is perfek vir die sny van mielies, soja bone en ander landbou plantasies.

Hierdie model kom ook in ‘n 9000mm lemspan wat die proses nog vinniger kan maak, en is aangedryf deur ‘n 120kW trekkerkapasiteit. As u opsoek is na ‘n opvou opsie het ons opslaanbare modelle met lemspanne van 6000mm, 7200mm en 9000mm beskikbaar. Hierdie modelle kom ook met ‘n opsionele gladde drom, spesifiek vir soja boerderye, met ‘n deursnit van 200mm, wat tussen 2000mm en 3000mm wyd is.

Lempunte is 220mm uit mekaar en spog met unieke skuinsplant-lemkonfigurasies. Die drie seksies waarmee ons rolmoer toestelle ontwerp is het 2x14’’ wiele op elke seksie, met verstelbare arms vooraan. Die hele toestel is ook hidrolies of meganies beskikbaar. Hierdie modelle is gebou met eenvoud en efektiewiteit in gedagte. Drukwiele op die punte is verantwoordelik vir die verbeterde stabieleteit, omdat ons glo dat die maai proses so maklik as moontlik vir die trekkerbestuurder gemaak moet word.

BASIESE INLIGTING:

MODELLE BESKIKBAAR

  • 3-Lit-rolmoer 6 000mm of 9 000mm
  • Opvourolmoer 6 000mm, 7 200mm of 9 000mm

OPVOUROLMOER

  • Trekker kapasiteit 6 000Mm = 100kW
  • 9 000Mm = 130kW
  • Gebou vir eenvoud en om effektief die taak te kan verrig met slegs die trekkerbestuurder
  • gemak van vervoer dra by tot die eenvoud en effektiwiteit.
  • Drukwiel op die punte vir beter stabiliteit

OPSIONEEL:

  • Gladde dromme vir soja

3-LIT-ROLMOER

  • Trekkerkapasiteit 6 000mm = 90kW
  • 9 000mm = 120kW
  • Dromdeursnit is 400mm en is 2 000mm tot 3 000 mm wyd
  • Lempunte is 220mm uitmekaar uit meet unieke skuinsplant-lemkonfigurasie
  • Eenheid bestaan uit 3 seksies
  • 2x14" Wiele op elke seksie
  • Verstelbare arms op voorste seksie vir vervoer
  • Hidrolies of meganies beskikbaar
Promote to home page?: