Algemene Persverklaring: Corona Covid 19 Virus
Aksieplan Fase 1: Onmiddelike implementering
Suid Afrika staar ‘n ongewone situasie in die gesig wat in ‘n wereldwye epidemie ontaard het.
Die regering se besluit om ‘n periode van issolasie aan te kondig was moontlik een die moeilikste besluite wat ‘n regering kon neem, gegewe die enorme ekonomiese impak wat dit het, maar gegewe die welstand van die mensdom dalk ‘n besluit waarvan ons moontlik eers heelwat later sal besef hoe belangrik die besluit was.
Met spesifieke opdrag van ‘n periode van issolasie is daar egter bedrywe wat nie tot stilstand kan kom nie waarvan die landbousektor een van die uitstluitings is.
Na gesprekke en direkte navrae van verskeie produsente in die lanbousektor is Van Zyl Staalwerke wat ondersteuning bied tot die landbousektor in ‘n possisie waar dit nodig is om steeds tot diens van die sektor te staan om enige ontwrigting tot die sektor en voedselvoorsiening te beperk.
Hierdie dienste vorm deeI van die essensiële dienste en het die regering en AgBiz direkte kontak gehad om te bevestig dat sekere dienste nie gestaak kan word nie.
Registrasie om steeds handel te dryf is gedoen deur die BIZ Portal op CIPC se webblad onder regulasie 118(3) onder die voedsel dienste wat lanbou en verwante ondersteuningsdienste insluit.
Met inagneming van alle moontlike opsies is die volgende reelings vanaf Vrydag 27 Maart 2020 in plek.
- Onderdele voorsiening
- Beide die takke in Reitz en Frankfort sal steeds dienste bied vir produsente vanaf 07:00-13:00
- Daarna sal bystand dienste beskikbaar wees slegs vir noodsaaklike produkte/dienste.
- lngenieursdienste
- Beide die takke in Reitz en Frankfort sal steeds dienste bied vir produsente vanaf 07:00 -13:00.
- Daarna sal bystand dienste beskikbaar wees slegs vir noodsaaklike produkte/dienste.
- Vervaardiging van noodsaaklike toerusting
- Orn te verseker dat produsente steeds toerusting betyds ontvang na die periode van issolasie, sal vervaardiging steeds voortgaan sodat die lanbousektor nie na die tydperk van issolasie onnodige verdere ontwrigting ervaar nie.
‘n Maksimun van 50 werknemers word op enige tyd toegelaat vir diens.
1. Werknemers en voorgeskrewe reels:
a. Elke werknemer moet ‘n permit in besit hê asook ‘n afskrif van sy ID dokument, en hierdie aksieplkan.
b. Was gereeld hande
c. Vermy kontak met jou gesig ten alle tye.
d. Nies of hoes in jou elmboog om enige verspreiding te voorkom.
e. Vermy enige kontak met personeel en kliente.
f. Geen vrylike bewging in die perseel word toegelaat nie.
g. Enige personeel wat enige siekte onderlede het sal gevra word om tuis te bly.
h. Enige personeel mag versoek word om ‘n Corona Covid 19 toets te ondergaan indien daar enige simptone van die virus duidelik is.
i. Enige personeel mag gevra word om ‘n koors toets te ondergaan.
j. Geen persoon mag binne 2m van mekaar af wees nie.
k. Personeel moet so ver moontlik alleen in ‘n voertuig ry.
l. Toerusting moet nie gedeel word nie, en indien dit onvermydelik is moet toerusting eers gesaniteer word voor gebruik.
m. Elke werknemer moet sy eie waterbottel en beker gebruik, geen deel van bottels of bekers nie.
n. Elke personeel is verantwoordelik om sy eie drinkgoed te maak, niemand mag vir mekaar maak nie.
o. Enige werknemer wat homself skuldig maak deur nie die reels streng toe te pas nie, sal deur ‘n formele verhoor behartig word.
2. Badkamers en gemeenskaplike omgewings
a. Alie werknemers en kliente moet seker maak higiene is van hoogste standaarde.
b. Skoonmakers sal ‘n baie hoe vlak van skoonmaak handhaaf en baie gereeld saniteer.
3. Hantering van kliente en verskaffers
- ‘n Maksimun van 4 kliente in Reitz en Frankfort se onderdele winkel word toegelaat per keer.
- Na elke besoek sal die toonbank gesaniteer word
- Alle verskaffers word aangeraai om deur epos of telefonies te kommunikeer en besoeke, indien enige slegs tot aflewering van kritiese voorraad te hou.
- Geen klient word in die werkswinkel toegelaat nie.
- Alle parte sal buite die werkswinkel opgetel word en kan ook buite die perseel opgelaai word.
- Kliente word aangeraai om slegs tot die noodsaaklike besigheid te hou tydens besoeke, en nie sosiale aangeleenthede te bespreek nie.
- Kliente mag die administratiewe kantoor slegs per afspraak besoek, en slegs een klient op ‘n slag word toegelaat.
- Na enige besoek moet die kantoor gesaniteer word
VZS en sy bestuur verstaan die verantwoordelikheid om in die issolasie tydperk steeds handel te dryf en sal met die nodige vlak van veiligheid optree om nie enige werknemer of klient in gevaar te stel nie.
Die bestuur vra ook dat elke individu, hetsy werknemer, klient of verskaffers dieselfde mate van verantwoordelikheid sal handhaaf.
Gedurende die eerste week van die issolasie tydperk sal verdere oorgewing aan die aksieplan geskenk word en enige verandering aangebring word indien nodig, waarna weer met alle partye gekommunikeer sal word.
DF Marais en bestuur..
Om die oorspronkliker persverklaring te sien, kliek op hierdie link.