Reitz Bearings is gebore uit ‘n behoefte van produsente om tydig onderdele te verkry. Die besigheid bestaan sedert 1983 en het sedertdien gegroei tot ‘n onderneming wat ‘n uitgebreide basis van klante bedien met ‘n werkende slagspreuk “Vir die Boer”.

Die winkel besit ‘n voorraad houding van 15,000 lynitems wat insluit boute en moere, grondslyt toerusting, “bearings”; olies, sweis toerusting; gereedskap; kettings; V-belts; filters; hooi toerusting; basiese parte ens. Herstel van hidroliese pype vorm ook deel van die dienste wat gelewer word.

Kontak ons gerus vir navrae.