Rolsif Standaard

Categories: , SKU: RS1.02

Description

VSZ se Rolsif – die Standaard model. Die oortollige onkruid en nie-gewenste materiaal word gesif en uitgewerp deur gravitasie en kan opgevang word in sakke wat aan die Rolsif bakwerk gehaak word. Hande arbeid is dus nodig om die sakke met materiaal te verwyder en te vervang.

 

Inligting:

– Voldoende trekker = 70kW
– Aandrywing vanaf trekker – PTO af
– Ideale spoed is net bo luier (idle)
– Massabak vat 2 – 3 ton
– Toevoer na sif word met sluis beheer
– Awegaar se uitgooihoogte = 4m
– 2x Wiele met 11L/R15-bande
– Screening” word langs die kant van die sif deur twee sluise in 50kg sakke uitgesak

Siwwe:
– Mieliesiwwe: 4.75mm+6.35mm. Agter = 25mm
– Sojasiwwe: 4mm+x4mm. Agter = 8mm
– Koringsiwwe: 2x Slotgatsiwwe van 1.8mmx12.7mm. Agter = 25mm
– Sonneblomsiwwe: 3.15mm + 3.15mm.
– Agter 25mm
*Sif 1.5m in deursnee en 3.5m lank kom standaard met mieliesiwwe

Kapasiteitwerking:
– Mielies = tot 50t/uur
– Soja = tot 35t/uur
– Sonneblom = tot 15t p/uur

Opsioneel:
– Elektriese omskakeling kan gedoen word